Ibn Khaldun

Ibn Khaldun
Standbeeld by die Katedraal van St Vincent de Paul, Avenue Habib Bourguiba, Tunis

Gebore (1332-05-27)27 Mei 1332
Tunis, Tunisië
Oorlede 19 Maart 1406 (op 73)
Kaïro, Egipte
Vakgebied Historiografie, sosiologie, ekonomie, geskiedenis, politieke wetenskap
Bekend vir Sikliese teorie van ryke, Asabiyyah, ekonomiese groeiteorie, vraag en aanbodteorie
Beïnvloed deur Ibn Jarir, Ibn Hazm, At-Turtushi, Ibn Abi Zar, Muhammad ibn Zakarīya Rāzi
Invloed op Ibn al-Khatib, Ibn al-Azraq, Ibn al-Sakkak, Al-Maqrizi

Ibn Khaldun (/ˌɪbənxælˈduːn/; Arabies: أبو زيد عبد الرحمن بن محمد بن خلدون الحضرمي‎‎, Abū Zayd ‘Abd ar-Raḥmān ibn Muḥammad ibn Khaldūn al-Ḥaḍramī; 27 Mei 133219 Maart 1406) was 'n Arabiese historikus, astronoom, ekonoom en wiskundige. Dit word beweer dat hy 'n voorloper van die moderne dissiplines van sosiologie en demografie was.[1]

Hy is veral bekend vir sy boek, die Muqaddimah of Prolegomena ("Inleiding"). Die boek het die 17de eeuse Ottomaanse geskiedkundiges soos Kâtip Çelebi, Ahmed Cevdet Pasha en Mustafa Naima beïnvloed, hulle het die teorieë in die boek gebruik om die groei en ondergang van die Ottomaanse Ryk te analiseer.[2]

19de-eeuse Europese geleerdes erken die belangrikheid van die boek en beskou Ibn Khaldun as een van die grootste denkers van die Middeleeue.[3]

  1. Joseph J. Spengler (1964). "Economic Thought of Islam: Ibn Khaldun", Comparative Studies in Society and History, 6(3), pp. 268-306.
       Jean David C. Boulakia (1971). "Ibn Khaldûn: A Fourteenth-Century Economist", Journal of Political Economy, 79(5), pp. 1105–1118.
  2. Lewis, Bernard (1986). "Ibn Khaldūn in Turkey". In Ayalon, David; Sharon, Moshe (reds.). Studies in Islamic history and civilization: in honour of Professor David Ayalon. BRILL. pp. 527–530. ISBN 978-965-264-014-7Sjabloon:Inconsistent citations {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)CS1 maint: postscript (link)
  3. Bernard Lewis: "Ibn Khaldun in Turkey", in: Ibn Khaldun: The Mediterranean in the 14th Century: Rise and Fall of Empires, Foundation El Legado Andalusí, 2006, ISBN 978-84-96556-34-8, bl. 376–380 (376) S. M. Deen (2007) Science under Islam: rise, decline and revival. bl. 157. ISBN 1-84799-942-5

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne